0 0
Read Time:12 Minute, 37 Second

Malinda en William Van Zyl. Gepubliseer in 2019.

Inleiding

AFRIKAANSE GEDIG: In hiedie gedig vat Malinda haar liefde vir haar ma Lizzia vas. Malinda, as n jong dogter, het baie sorgvrye ure  in die bos op hul  familieplaas deurgebring. Sy skep unieke verbintenisse met die sinistere bos en haar ma. Sy gebruik onder andere die geregte wat haar ma met soveel liefde voorberei het. Die bos op hul plaas – Doringkuil – was die plek waar sy as jong dogter gespeel het en baie onskuldige drome uitgeleef het. Haar sterk verbeeldingrykheid en artistiese talente, glo sy, was in die bos ontwikkel. In die bos het baie kinderdrome waar geword. In die gedig beskryf sy haar ervaringe in die bos en haar ‘artistieke’ danse op die melkstal se yster relings. Sy vleg ‘pragtige’ juwele … Plek: Doringkuil, Hoopstad/Bloemhof area, Republiek van Suid-Afrika.   

Voorblad prent. Doringbos. Krediet: https://s-media-cache-ak0.pinimg.com/originals/af/5a/98/af5a98ad5bf60563f88260375788ff9e.jpg

‘Kopseerplant’ Krediet: Allium Akaka. Wikipedia.org. https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Allium_akaka-IMG_2181.jpg By C T Johansson (Own work) [CC BY-SA 3.0 (http://creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0)], via Wikimedia Commons.  
Kopseerplant’ Krediet: Allium Akaka. Wikipedia.org. https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Allium_akaka-IMG_2181.jpg By C T Johansson (Own work) [CC BY-SA 3.0 (http://creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0)], via Wikimedia Commons.  

Ringetjies in die bos

Malinda & William Van Zyl

Die kopseerplant , se hul, het die fynste, dunste geweefde drade

My mooiste drome word vinning om my fynste vinger gedraai, die kopseerplant maak dit skielik waar

Die fynste, langste, sensitiewe spinnedrade spin-en-spin n sprokie in die silwer bos

Hulle hardloop vinning om my kleine ring-vingertjie, om-en-om-en-om…

Die oor-loop-weef gaan met die ligste draadjies fyn sommer net so om my gewrig,

vinning weef dit arm-vir-arm juwele wat grootmens-lewe kry

My kinder-juwele is veilig verdoesel in die digte gelukkige-bos; die maan hou snags wag…

———————————————————–

My groot, ou boom-vriende gooi vir my die mooiste vere, hulle roep “kom…”

Die spikkel tarentaal- en vaal donserige mossieveer dwarrel en vertel van stories misterieus

Hulle roep: “Kom speel met die donsies, daar is blou eiertjies en fluweel sagte nessies met donsies uitgele …”

Die ander veertjies rol en krul van lekkerte, hulle wink en tol soos hulle in die wind dans en ratse draaie maak

“Kom speel saam op die groen sagte mos-tapyt”, sing hulle;

“Lillatjie kom kyk ons het baie ander nuwe sprokies vir jou weggesteek…”

———————————————————–

Die omhelsing van die bos is soos my ma se warm wit mieliepap;

Ek kan haar liefde ruik en proe dit is soet soos Jan Ellis;

geurig soos koue vyekonfyt en sag soos haar herderspastei.

Lizzia se wildspastei wek beelde op van weelderige nuwe vink en tarentaal stories in die bos.

Haar karringmelk boerebeskuit voer my terug na Doringkuil en sy lui-lekker uitspanbos;

Die silhouette van ryk liefde en vrede, van nuwe mooi helder kleur rokke, vleg intrieke patrone deur die bos

My versorgde, sagte kinderhare, sag van al haar goeie raate, waai liggies in die stowwerige Vrystaat wind.

———————————————————–

Die koel pype van die melkkraal word my ratwerk-geweefde verhoog;ek word ver weggevoer-   

N metaal-ronde-pyp-balletskool ontvou in n japtrap oor die grys vallei

My dans-brug-oorwinning is in sig; “kyk n Hoopstad ballerina op Doringkuil se kraal!”

Die koue staalhek kraak en swaai van pure pret met tone wat omkrul van lekkerkry

Die doolhof sal my nie onderkry, my voete is soos die van n ribbok…

Die hek swaai ondervoet,  ek ken my trap; op hoe plekke laat Hy my veilig loop

“Al Sy paaie is gelouterde goud my kind” fluister Lizzia vir haar kind

———————————————————–

Die foefie ‘slide’ se katrol woer—woer—woer op die lang blou-staal draad se gespande snaar.

Die uitbundige seuns stemme van Theuns, Deon, en Theo skater, jil, en tril van pure avontuur en genot

Die bruinwater pannetjie kom skielik nader, n jong seun se skurwe plaas-voete sny die pannetjie in twee gelukkige helftes. N  boog van avontuur-modderwater spat raserig en gaan le dan stil op hulle plek…

“Weer, weer, weer n keer!” skree Theuns opgewonde. Tou se tone krul om die ruwwe Vrystaat-boom se takke en sy arms hak stewig soos sekels om die bas; niemand gaan hom stop nie, hy gaan weer…

Die modderwater wag geduldig vir nog n slag…

Hulle raasbekke herriner my aan die senings van die biltong in my ma se koelkamer; soms taai maar tog te lekker. Hulle laat my terug dink aan sening-harde bokke, Syd Nomis, Piet Visagie, Gert Muller, en Mof Myburgh…

———————————————————–

Die boomgom se helende kragte smelt met n ligte bitter in my mond…

Ek glo dat gom maak sommer gou gesond!

Die boombas se skurwe baard rasper teen my sagte been, dit is soos my ma se macaroni-en-kaas

Die lekker beestong se skuurpapier neem my na my ma se ruwe broodbord kombuis, en sterk geel mosterd sous 

Klippe le en wag vir my, hulle rugge is rond en n stadige geelslang le rustig in die koelte en droom. Dit klippe lyk nes my ma se piesang-frikadelle, rond en smul-lekker bruin

Ander ongelyk klippe in die bos lyk soos skaapkop wat met baie liefde voorgesit is; Lizzia se souterige krakerige liefde maak sagte soutjies op my tong…

My ma se skaaplewer le styf gerol soos vet muise in net-vet opgekrul; ek sien haar liefdevolle hande uitgestrek wat ronde muise rol, en rol…

———————————————————–

My ma is in die bos, ek ruik haar plaaskombuis in die digte bome, die reuk is soet soos najaar se ingelegde perskes,

die wind waai  ligte goue bruin gemmer waatlemoenkonfyt  deur die donker bruin doringboom latte

goue vyekonfyt drup van die wit dorings en loop af teen die harde griffel boombas- af tot op die grond. Soet, baie soet…

So is my ma se liefde vir ons, gemmer-lek lekker, soet soos stroop, die skil knars en haar kookpot liefde loop oor my kleine kinder mond met elke byt…

Die reuk van haar krakerige warm blokkie-varkkaaings stoom heerlik onder die warm Vrystaat-son,  dit bring vir my kinder-hart opgewondenheid

Haar varsgebakte brood geure meng met die braai-kaaings en dit wasem die groen boom blare op met sterk aartappel-suurdeeg in die takke

Haar liefde slaan my asem weg, ek sien die goue soet blink-vettigheid van haar liefdevolle hart –’my ma is in die bos’.

———————————————————–

My ma is in Doringkuil se bos. Ringetjies draai ek in my kinderjuwele-vebeelding; ek sien n pragtige netwerk van netvet gekleurde patrone vleg artisties tussen en deur die bos se bome; opgewonde hardloop ek deur die gevlegde bos. Ek hoor my ma se sagte, goue, stroop soet stem : “Eks ‘n kindtjie klein en teer, Heer maak my hartjie rein……”

———————————————————–

Geregte van Lizzia gemeng met goeie herrineringe:

  • Skaapkop – My ma se bemoedigende woorde versterk my (klippe in die bos)
  • Herderspastei—Haar arm beskerm my teen wolwe en ongediertes, by haar is ek veilig (sag, baie sag in die bos) .
  • Macaroni-en-kaas gereg—sy maak my so gelukkig! (sy berispe my)
  • Skaap lewer toegedraai in netvet (vet muise)—Die lekker van my ouerhuis naweke, weg van die skoolkoshuis  (my ma se strelende bemoedigende hande)
  • Kerrie afval—my ma kan toor met afval stukkies (sy kom vorendag met iets nuuts elke keer)
  • Jan Ellis poeding (karamel)—die lekker sondagmiddag ete by die huis met vriende en familie (my ma die hoogtepunt)
  • Piesang frikkadelle—soet by sout, so interresant (my ma se interresante sin vir humor )
  • Beestong in mostert sous—teregwysing met n sterk direkte  voorstel  (my ma se teregwysing en haar goeie raad)
  • Karringmelk beskuit—Die lekker lang kuier en diep gesprekke met baie lag en grappies maak (lekker lag saam met my ma).
  • Ingelegde perskes, vye en waatlemoenstukke—my ma maak my lewe soet, sy maak my so gelukkig (die soet bemoedigende woorde van my ma)
  • Vark kaiings—somtyds gooi die lewe n suurlemoen ons kant toe (al werk dinge nie nou uit nie, dit is wat ons daaruit leer wat later lekker proe).
  • Karmenaadjie (rou-vleis-geskenk aan iemand)—ons kar kreun as ons wegry van my ouerhuis, gelaai met sakke vol vleisliefde en geliefde kossies (die nimmereindigende vrygewigheid van my ma en pa)
  • Brood met aartappel suurdeeg—my ma beplan en sorg vir my elke oomblik van die dag (ek kry my daaglikse brood van my ma…)   

Lizzia se Boereraate van lank gelede:

  • Apple asyn-vir gesondheid (een glas water met 2 x teelepels appel asyn gemeng vroeg oggend)
  • Blousel invryf en laat staan vir wit wasgoed—maak wasgoed baie wit (bleik)
  • “Sunlight seep” om hare wit/geel te bleik—Vryf sunlight seep in hare en sit in son vir 10 to 20 minute om hare wit te kleur
  • Spoel hare af met reenwater na sjampoe– vir fluweel sagte en gladde hare
  • Uploaded on Feb 23, 2012 to Youtube by Kalaharibul. Syddie, Syddie… Syd Nomis se onderskepdrie – Gerhard Viviers. Syd Nomis onderskep ‘n aangee van Brian Lochore en hardloop deur vir die finale punte in die 1e toets op 25 Julie 1970 teen die All Blacks. Die Springbokke het met 17-6 gewen.
Stem Gerhard Viviers: Drie van Syd Nomis (Springbok vleuel). Wedstryd teen die All Blacks.
Malinda in gesprek met haar ma. Krediet: Malinda van Zyl
Lizzia in haar kombuis.
Lizzia in haar kombuis.
Lizzia, die bruid, op haar troudag
Lizzia, die bruid, op haar troudag
Malinda op haar troudag met ma Lizzia en pa Ernst Kleynhans.
Malinda op haar troudag met ma Lizzia en pa Ernst Kleynhans.

Omtrent die ‘kopseerplant’- Allium Akaka

Skynbaar het die plant mense kopseer gegeee. As n kind het ek nie geweet hoekom dit die kopseerplant genoem is nie. ‘Uie’ tipe plant met oorsprong van Iran? Sien navorsing vir hoofpyne (migraines) en die Kopseerplant:

Bron: http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/23551212

Alliaceous migraines.

Roussos AP1, Hirsch AR.Author information

Abstract

OBJECTIVE:

To report a migraineur with osmophobia and trigger to garlic and onion aroma.

BACKGROUND:

While odors serve as a trigger in 70% of migraineurs, alliaceous aromas have been described only rarely. Furthermore, nor has more than one type of alliaceous odor acted as a trigger in the same individual. Neither has migraine with aura been described as precipitated by such aromas. A patient experiencing migraines with aura, triggered almost exclusively by alliaceous aromas, is described.

METHODS:

CASE STUDY:

32-year-old woman; 5 years previously felt nasal pruritis upon eating a red onion dip. Shortly thereafter, the mere aroma of raw onions caused a sensation of her throat closing along with an associated panic attack. Over the intervening years, upon exposure to onions and garlic aroma she experienced a fortification spectra and visual entopia, followed by a bipareital, crushing level 10/10 headache, burning eyes and nose, lacrimation, perioral paresthesias, generalized pruritis, nausea, fatigue, sore throat, dysarthria, confusion, dyspnea, palpitations, presyncopal sensations, hand spasms, tongue soreness, neck pain, phonophobia, and photophobia. These would persist for 1 hour after leaving the aroma. She was unresponsive to medication and would wear a surgical mask when out. The patient also experienced chemosensory complaints: dysosmias every few months; phantosmias of food or cleaning products every month for a minute of level 5/10 intensity; pallinosmia of onion or garlic odor for 30 minutes after exposure; and metallic pallinugeusia after eating with metal utensils.

RESULTS:

Neurological exam normal except for bilateral positive Hoffman reflexes.

CHEMOSENSORY TESTING:

Quick Smell Identification Test 3/3 and Brief Smell Identification Test 12/12 were normal. Magnetic resonance imaging and computed tomography with and without contrast normal. Allergy skin test was positive for garlic and onion. Nose plug and counter stimulation with peppermint prevented the onset of headaches and associated symptoms.

CONCLUSION:

This is the first report of migraines with aura triggered by more than one alliaceous compound in the same individual. Possible mechanisms include odor induced, emotional change, vasomotor instability, trigeminal-induced neurogenic inflammation, and allergic response. In alliaceous and odor-induced migraines, a trial of counter stimulation and nose plugs is warranted.

Die skrywers: Malinda & William

Malinda van Zyl.
Malinda van Zyl.

Die skrywers/digters hou daarvan om die beelde van ‘gister’ in woorde te omskryf. Die helder ervaringe en herinneringe kry heuning-soet betekenis op die wit bladsye, as hy en sy terug reflekteer op wat gebeur het, lank gelede in die spelonk van hulle gedates. Soms tuur hulle die verte, speel op die klavier, en dan skryf hulle van dit wat aangerol kom oor die ronde aarde.

Malinda hou daarvan om in die aande en agtermiddae by haar klavier te gaan sit en dan speel sy van haar gunsteling musiek. Die spesiale musiek voer haar terug na haar kinderjare, herrineringe aan haar ouers, gedagtes aan haar broers, en die warm Vrystaat waar sy groot geword het.

Sien meer by:

http://williamvanzyl.com/Malinda.php

Tipiese plaashek in die Vrystaat, toegewaai in die sand. Krediet: Pinterest bord-Saved by Esthe Van Wyk Anderson. Besoek- https://www.pinterest.com/pin/484277766161464968/ 
Tipiese plaashek in die Vrystaat, toegewaai in die sand. Krediet: Pinterest bord-Saved by Esthe Van Wyk Anderson. Besoek- https://www.pinterest.com/pin/484277766161464968/ 
Koppie Alleen, Welkom, RSA (wikipedia.org). Tipiese Vrystaat omgewing met n bos in die agtergrond.
Koppie Alleen, Welkom, RSA (wikipedia.org). Tipiese Vrystaat omgewing met n bos in die agtergrond.

Krediet: Foto – Koppie Alleen, Welkom, RSA: By Bruce Paulmac – Visit to Welkom on 01/03/2014Previously published: Nil, CC BY-SA 3.0, https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=42097739

Sien meer by:

Eboeke besikbaar by:
Eboeke besikbaar by: https://fivehousepublishing.com/

Meer omtrent die skrywer: http://williamvanzyl.com/

Fotos

Lizzia Kleynhans (Bloemhof,RSA). Krediet: Malinda van Zyl. 
Lizzia Kleynhans (Bloemhof,RSA). Krediet: Malinda van Zyl. 
Ria Rust, Lizzia & Ernst Kleynhans. Krediet: Malinda Van Zyl
Ria Rust, Lizzia & Ernst Kleynhans. Krediet: Malinda Van Zyl
Malinda en haar ma Lizzia.Krediet:Malinda Van Zyl.
Malinda en haar ma Lizzia.Krediet:Malinda Van Zyl.
Lizzia saam met haar sus Ria Rust (Bloemhof NG Kerk).Krediet: Malinda van Zyl.
Lizzia saam met haar sus Ria Rust (Bloemhof NG Kerk).Krediet: Malinda van Zyl.
Lizzia Kleynhans on her wedding day. Credit: Malinda van Zyl.
Lizzia Kleynhans on her wedding day. Credit: Malinda van Zyl.
Lizzia’s tiara from her wedding day; her wedding handkerchief in the foreground. See Lizzia’s picture in the background. Credit: Malinda van Zyl.
Lizzia’s tiara from her wedding day; her wedding handkerchief in the foreground. See Lizzia’s picture in the background. Credit: Malinda van Zyl.
Lizzia's wedding handkerchief. Credit: Malinda van Zyl 
Lizzia’s wedding handkerchief. Credit: Malinda van Zyl 
Malinda on her first school day. She attended the local farm school. Her first school teacher was Natie Saaiman (‘Sub A to Standard 5’-primary school years). They lived on the farm ’Uitkyk’ in the Free State, RSA. See brother Deon Kleynhans on the far left. Dad Ernst owned the prestigious Borgwardt Isabella, 1962 model. Credit: Lizzia & Ernst Kleynhans.    
Malinda on her first school day. She attended the local farm school. Her first school teacher was Natie Saaiman (‘Sub A to Standard 5’-primary school years). They lived on the farm ’Uitkyk’ in the Free State, RSA. See brother Deon Kleynhans on the far left. Dad Ernst owned the prestigious Borgwardt Isabella, 1962 model. Credit: Lizzia & Ernst Kleynhans.    
Borgward Isabella, 1962 model. Credit Flickr.com. Uploaded by Willem S. Knol Follow Borgward Isabella 1962.   mobiele.de
Borgward Isabella, 1962 model. Credit Flickr.com. Uploaded by Willem S. Knol Follow Borgward Isabella 1962.   mobiele.de

Kopiereg@2019

Ringetjies in die bos (Doringkuil).

Malinda en William Van Zyl. Gepubliseer in 2019.

Hierdie gedig/gedigte is vir die uitsluitlike doel vir lees-en-geniet. Dit is die werk van Malinda & William Van Zyl – tensy anders vermeld. Om dit te gebruik sonder toestemming is onwettig.

Kort gedeeltes van die werk mag gedeel word op sosiale webtuistes met volledige verwysings. Die kort verwysings of ‘links’ moet gepaard gaan met erkenning aan die outeurs/digters (voeg name by). Die werk mag onder geen omstandighede vir kommersiële doeleindes gebruik word nie. Dit is die eksklusiewe eiendom van Malinda & William van Zyl.

Kontak:

williamvzyl@xtra.co.nz

of

lillavz@xtra.co.nz

About Post Author

admin

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %