Beddeken-tossels Red Baba se Lewe: Die Kambro-kind.

Gebasseer op n ware verhaal.

Mev Venter lê bewusteloos op haar bed; n sagte suiggeluid breek die stilte in die slaapkamer.

Mev Venter toon geen respons.
Daar is die suig geluid weer.
Mev Venter lê roerloos dwars oor haar bed.
Op die grond beweeg n klein bondeltjie.
Twee klein armpies swaai en gryp in die lug.
Die klein vasgedraaide klein mensie kan nie meer huil nie.
Dit is dag twee.

Dan ontwaak Mev Venter uit haar diep slaap.
“Waar is my baba?”
Haar liefdevolle hand soek oor haar bed. Hy is weg.
Sy raak angstig.
Dan, kyk sy na die vloer.
“Daar is hy, daar is hy! Hy het iets in sy mond. O nee!”
Fransie maak sy oë oop as hy sy ma se stem hoor.
Sy mond beweeg in a suig beweging.
Dan swaai sy arms asof hy nie asem kan kry nie.
“Wat is in jou mond?” roep Fransie se ma uit as sy opspring en hom opraap.
Sy is deur die slaap. N diep slaap…

Posted On :