0 0
Read Time:15 Minute, 33 Second

Gebasseer op n ware verhaal.

Mev Venter lê bewusteloos op haar bed; n sagte suiggeluid breek die stilte in die slaapkamer.

Mev Venter toon geen respons.  

Daar is die suig geluid weer.

Mev Venter lê roerloos dwars oor haar bed.

Op die grond beweeg n klein bondeltjie.

Twee klein armpies swaai en gryp in die lug.

Die klein vasgedraaide klein mensie kan nie meer huil nie.

Dit is dag twee.

Dan ontwaak Mev Venter uit haar diep slaap.

“Waar is my baba?”

Haar liefdevolle hand soek oor haar bed. Hy is weg.

Sy raak angstig.

Dan, kyk sy na die vloer.

 “Daar is hy, daar is hy!  Hy het iets in sy mond. O nee!”

Fransie maak sy oë oop as hy sy ma se stem hoor.

Sy mond beweeg in a suig beweging.

Dan swaai sy arms asof hy nie asem kan kry nie.

“Wat is in jou mond?” roep Fransie se ma uit as sy opspring en hom opraap.

Sy is deur die slaap. N diep slaap.

Die stukkie lyn van n bruin klos steek by sy mond uit.

Sy trek die nat gekoude bondel uit haar baba se mond.

“Dit is n tossel! Hy het n beddeken tossel in sy mond. Dit is my beddeken se tossel!” gil Mev Venter.

Klein Fransie hyg na sy asem.

“Dank die Vader hy lewe!” sug Mev Venter.

Voete van n baba. Fyn en delikaat. Ons is almal so kwesbaar (vulnerable) in tye van rampe en nood.

Hulle sê ons kan so baie uit die geskiedenis leer. Ek wonder, hoe het andere voor ons, deur sulke krisis tye gekom? 

Fransie Venter is op 27 November 1916 gebore. Die Republiek van Suid Afrika is sy vaderland.

Sy pa, Herman, en sy ma, Nellie, het in die Britstown-omgewing geboer. 

Toe die Groot Griep van 1918 uitgebreek het was hy net twee jaar oud. 

Die Spaanse-griep, van destyds, het Fransie se pa en sy ma ondergekry. Dit was so ernstig dat hulle vir ‘n dag of twee op hulle beddens gele het. In die proses, het hulle soms hul bewussyn verloor. Oorweldig deur die griep. Die storie word vertel dat as gevolg van die dodelike koors, en n tekort aan suurstof, hulle nie altyd by hul volle bewussyn was nie. 

In die storie van die griep en die hoë koors, het Fransie se ma skynbaar eerste haar bewussyn eerste herwin. Sy het vir klein Frans op die grond langs die bed gekry. Deur die honger en dors het hy gesuig het aan die tosseltjies wat van sy ouers se beddeken af gehang het. Merkwaardig!

Die Venter gesin het uiteindelik die vernietigende Griep oorwin. Frans en sy ouers het herstel. Klein Frans was altyd gelukkig met baie lewenslus.  Selfs, tydens die droogste en moeilikste tye, was hy opgewek. Sy ma hom haar “kambrokind” genoem. Frans het altyd n groenigheid gewys; ongeag die moeilke en droëe tye het hy opgewek gebly. Pragtige en toepaslike naam: Kambro-kind!

Die kambro-plant is ’n tingerige Karoo-plantjie waarvan die groenbruin blaartjie altyd vars lyk, selfs in die droogste tye. N dik knoetserige bo-grondse wortel  – n ‘stoorkamer’ vol wit lewende-gewende sap – is die sleutel tot die groenigheid van die kambro-plant.

Frans was op pad Hoërskool toe, toe die Groot Droogte uitgebreek het. As gevolg van die droogte was hulle gevorseer om groen weiding vir hulle diere te kry. Hy moes sy skoolloopbaan onderbreek en het saam met sy ouers ‘n swerwersbestaan begin. Hulle was gedurig op soek na voer en weiding vir hulle vee. Hulle kleinvee-trop het elke dag gekrimp – daar was groot vrektes onder hulle diere. Die swerwe het hulle uiteindelik gelei na die Kalahari. Hulle moes die grens vanaf Suid-Afrika oorsteek na Suidwes-Afrika (Namibië vandag) om te oorleef. 

Die Venter gesin het oorleef, danksy die ontferming van familie en hul medemense. Hulle het na mekaar omgesien. Hulle het byna alles in die proses verloor. Hulle was egter gehard, net soos die Kambro-plant van die Karoo. Hulle het ‘reserwes’ gehad.

In 1934 het Frans aan die Hoërskool Hopetown gematrikuleer. Hy was een van die top-matrikulante van die destydse Unie van Suid-Afrika. Daarna is hy na die Universiteit in Stellenbosch waar hy verder gaan studeer het. Na sy opleiding het hy uiteindelik bekend word as n skrywer en het hy n Hertzogprys-wenner geword vir sy literêre werk.

Die wereld het groot rampe beleef or die afgelope 120 jaar. Vulkaniese uitbarstings, vloede, storms, tsunamis, aardbewings, en pandemies (verskillende griepe en meer), om die grootstes te noem. Op almal se lippe is die vraag, “Hoe gaan ons deur hierdie ding kom?” Wel, as ons na die geskiedenis kyk en na mense luister wat deur soortgelyke krisisse al is, is daar baie te leer. Die stories van F A Venter van sy lewe  – n geharde Kambroo – is so n voorbeeld. Sy lewe bevat uitmuntende voorbeelde hoe hy en sy familie groot rampe oorkom het. Ek lys n paar van die lesse in die artikel.   

Hier is n lys van F A se bendste werke:

  • Die geheim van die berg (The mystery of the mountain) (1944/1958) (young adult novel)
  • Gebondenes (The fettered) (1949)
  • Eenderse morge (Similar morgen) (1950)
  • Die drosters (The deserters) (1952)
  • Swart pelgrim (Black pilgrim) (1952)
  • Die tollenaar (The tax collector) (1954)
  • Man van Ciréne (Man of Cyrene) (1957)
  • Geknelde land (Afflicted land) (1960)
  • Offerland (Land of sacrifice) (1963)
  • Werfjoernaal (Yard journal) (1965)
  • Wit oemfaan (White umfane) (1965) (young-adult novel)
  • Gelofteland (Land of the covenant) (1966)
  • Bedoelde land (Intended land) (1968)
  • Die Rentmeesters (The landlords) (1969)
  • Water (Water) (1970) Commissioned by the Ministry of Water
  • Die middag voel na warm as (The afternoon feels like warm ash) (1974)
  • Kambro-kind (Kambro child) (1979)
  • Die koning se wingerd (The king’s vineyard) (1984)
  • Die ou man en die duif (The old man and the dove) (1990)
  • Die keer toe ek my naam vergeet het (The time when I forgot my name) (1995)
  • Van Botterkraal na Altena: hoogtepunte uit vier outobiografiese romans (From Botterkraal to Altena: highlights from four autobiographical novels) (1996)

Attribusie: Wikipedia

Kambro-kind

Sy boek, Kambrokind vertel juis die verhaal van sy grootwordjare in die moeilike tye van die Groot Griep, die Groot Droogte en die Groot Depressie aan die begin van die twintigste eeu (vroee 1900’s).

In tye van rampe, en pandemies kan ons lesse te leer uit die lewe van diè kambrokind.

1# Wees soos n Kambro-plantjie:

Die voorbeeld van die nederige kambro-plantjie wat vars en lewenslustig bly ten spyte van die felste droogte is les nommer een. Moenie dat die situasie jou oorweldig nie.  Bly groen. Moenie op die situasie fokus nie, fokus op God.  Hy is jou reserwe – dit is daardie koel watertjies – dit is daar in jou hart gebêre vir n ‘droogte.’ Daardie gestoorde water – in die groot knoets, net bokant die grond – is genoeg om jou vars te hou al is daar geen ‘water’ of reën nie. Jy kan maande – self jare oorleef – met die water wat Hy gee.

‘Elkeen wat na My toe kom sal nooit dors nie…’

# 2 As jy baie ‘droog’ is en sukkel, lees die Bybel.  Dit sal jou rustig maak. Maak net eenvoudig die Bybel oop en lees. Lees net. Dit gee HOOP.  Jy sal dadelik voel hoe die water in jou ‘bonkelrige knoets’ meer word. Dan sal jy weet jy kan weke en maande groen bly. As jy om jou – met net woestyn om jou – kyk sal jy lag want jy is groen. Lowergroen.

Kambro plant. Bron: https://kumbulanursery.co.za/plants/fockea-edulis

maggita2015

Greeting card. Kambroo. Watercolours. Source: https://gramho.com/media/2006917138191177353

#3 Onthou lewe en dood is in die mag van die tong:

Wees versigtig wat jy sê. Praat postief, maak postiewe deklerasies. Net dit wat jy sê sal jy ontvang.

Byvoorbeeld, “Hierdie situasie is net tydelik. Ons gaan maklik hier deur kom. Ons is vol geloof. Ons Vader sal voorsien; ons het n bloedverbond met Hom.” En, “Ons gaan op n plan wag en dit doen –die Vader gaan ons lei.” Asook, “Ons gaan floreer in tye van nood.”

Lewe en dood is in die mag van die tong, en hy wat dit liefhet sal die vrug daarvan eet.

# 4 Moet nooit, nooit, nooit moed opgee nie:

“Never, never, never, give up!” Winston Churchill.

Diewêreld en die lewe sal voortgaan ten spyte van elke krisis.

Wees gereed om jou manier van dink te verander. Dink buite die vierkant, die sirkel and die ovaal. Wag op die Vader, Hy kan jou n idee gee, n nuwe plan, n unieke strategie. Mediteer. Die nuwe konsep sal kom; totaal nuwe maniere van doen sal begin posvat. Ons moet die gemaksones waaraan ons gewoond is verlaat. Uitdagings verg n nuwe manier van dink. Dink nuut!

Kyk na die natuur, dit gaan voort elke dag. In tye van nood en n krisis doen diere dinge anders.

Die Duikklokspinnekop:

Van die interessantste aanpassings is dié waarin diere of insekete hul gedrag verander om aan te pas by hul omgewings of situasies. Die duikklokspinnekop leef sy hele lewe onder water, ondanks lugaseming. Dit weef ‘n spesiale soort web wat as lugborrel gebruik word. Dit word onder die wateroppervlak geneem om te jag, te paar en sy nageslag te verseker. Die spinnekop moet uiteindelik elke paar dae die lugtoevoer in die borrel verfris. Dit gaan uit van onder die water en gaan haal vars suurstof op die oppervlak. Die spinnekop vat die web met borreltjies dan weer onderwater om van asem te haal. Uiters innoverend!

Ons kan in tye van nood, tekort, en rampe geforseer word om innoverend en kreatief te dink. As jy gespanne is – wanneer jy onder druk is – kan jy nie optimal funksioneer nie. As jy vol geloof is, en positiewe deklerasies maak, word jy ontspanne en kom die idees wat jy nodig het om aanpassings te maak.

Onthou:

Innoverend kan ook beteken om na die ervare sakeman toe te gaan vir raad. Praat met jou rekenkundige en bank-konsulant. Lees boeke oor finansies. Lees, lees en lees, dit kan jou siening oor sake verander. Dit kan n ander strategie laar ontkiem. Om n ander resultaat te kry – as dit wat tans beskikbaar is – moet ons n ander benadering volg. Moenie net praatjies maak nie. Gaan oor tot aksie. Jy sal beslis n ander resultaat sien as jy n ander strategie volg!  Skaf n Kindle digitale leser aan (Amazon Kindle Cloud Reader). Koop boeke aanlyn. Lees n boek per n week; lees oor die onderwerp wat jy spesifiek in belangstel of nodig het. Maak notas. Pas toe wat jy gelees het.

Hier is twee van my keuses:

The Tipping Point: How Little Things Can Make a Big Difference. By Malcolm Gladwell 

Think and Grow Rich. By Napoleon Hill

http://news.bbcimg.co.uk/media/images/53114000/jpg/_53114911_5argyronetaaquaticaeatingwaterfleainbubble2011-014110.jpg

Die Duikklokspinnekop. N ‘scuba-duiker’ – uiters innoverend. Attribusie: http://winvertebrates.uwsp.edu/kaminski_361_2015.html

Kyk na die mossies, hulle het elke dag kos en water. Jou Vader sal vir jou sorg. Jy is baie meer werd as baie mossie. Gebruik jou energie en stamina vir n oplossing; moenie dat die probleem jou gedagtes beheer nie.

# 5. Groot ‘toetse’ bring groot groei mee.

Ons groei en onwikkel stadiger wanneer dit met ons goed en voor die wind gaan. As die buiteband die teerpad tref – en die motor skud hewiglik en vibreer buite beheer – dit is dan wanneer sterk groei plaasvind. Om-arm dit. Net so het dit gebeur na die Groot Griep van 1918, die Groot Depressie van 1932, en die Groot Wêreldoorloë (1 en 2). Ons kan verwag dat dit na n pandemie ook sal gebeur. Ons moet daarna kyk as oorwinnaars. Ons moet die uitdaging aanvat. Hou uit – ons het nie n keuse nie. Maar onthou alles gaan verby.  Konsentreer op die lesse. Lees die geskiedenis, daar is soveel lesse daarin opgesluit. Neem die lesse en die ondervinding en gebruik dit in die toekoms. Dit wat jy leer en lees, pas dit toe.

# 6. Gee om vir jou naaste:

Ons moet ons ontferm oor ons medemens. Welwillendheid keer altyd terug na die wie dit uitdeel. Dit is wederkerig. Wat gaan jy saai?

“Wat jy saai sal jy maai.”

Daar is soveel opdragte oor ons medemens in die Woord.  

Ons moet na mekaar omsien.

Ons moet mekaar verdra.

Ons moet mekaar vergewe.

Ons moet mekaar groet.

Ons moet vir mekaar bid.

Ons moet geduldig met mekaar wees

Ons moet mekaar liefhê.

Ons moet mekaar aanmoedig.

Ons moet mekaar vermaan.

.

Ons is geskep vir samesyn. Ons is op ons sterkste as ons saam staan. Kyk na die miere, hulle werk saam – kyk net wat hulle kan vermag.

Ons gaan diè krisis en die volgende krisis oorkom. Dit gaan geskiedenis word. Ons gaan sterker anderkant uitkom, afhangende van ons gesindheid. Ons is kambrokinders van hierdie bedoelde land. Net daar waar jy bly, daar sal jou blaartjie groen wees; net daar sal die dik growwe knoets onder jou – vol water van die Lewe – jou genoeg Water gee vir elke dag. Glimlag, kies om gelukkig te wees, plaas jou geloof in jou Vader.

Video:

KAROONAG (Liedjie): Coenie De Villiers en Luca Maree

“Ruik jy Katbos en Kambroo as dit reen in die Klein Karoo…”

*Filmed live at the Centurion theatre in 2007 by Blixem Productions for the DVD titled “Lucas Maree en vriende” – available from Select Music Distribution (www.smd.co.za).

GEDIG: KAMBRO-KIND

My blaartjie is droog, maar liggies groen.

Die groot growwe knoets op die grond is my wortel.

My ma se woorde is die dik wit melk binne-in die knoets,

Dit is altyd daar. Reg onder my.

Ek staan daarop.

Die sand is bleek en droog rondom my,

 Daar is nie n wolk in die lug nie.

Maar, as ek afkyk na die groot ronde vet kalbas onder my,

Is daar strome van Lewende Water.

Dit kom van binne. Diep vanuit my maag.

Strome van water vloei uit my binneste uit…

Ek hoor my ma en my pa se stem.

Dit is droog, woestyndroog om my,

Maar ek het kalbas, op kalbas van koel water; genoeg vir baie jare.

Ek is warm, maar groen.

Lower groen.

Ek is soos F A Venter – n kambrokind.

Deur William Van Zyl (April 2020)

Waaroor gaan Die Kambro-kind boek van F A Venter?

F A het verskeie boeke geskryf oor sy persoonlike herinneringe.“Kambrokind” is jeugherinneringe wat die tydperk dek vanaf sy voorskoolse jare in die harde leerskool van die veld totdat hy uiteindelik universiteit toe gaan. Die kambro is ’n tingerige plantjie waarvan die groenbruin blaartjie altyd vars lyk, selfs in die dorste gebiede. Na aanleiding hiervan noem sy ma hom ’n kambro-kind, altyd vars en lewenslustig, vandaar die titel van die boek. In die veld ondervind hy onder andere droogtes en depressie, die rondtrek met die skaap, blou onweer, en die oorsteek van die Grootrivier in vloed. Dit is in harde ervaringe, wat vele teenslae meebring, waar ook baie mooi herinneringe opgesluit lê.

Eindelik is daar die afskeid van sy jeugwêreld wanneer hy verder gaan studeer. Van kultuurhistoriese belang is die boekstawing van ’n outydse leefwyse met sy plaasskole, speletjies, bygelowe, en boererate. Die boek word op boeiende wyse aangebied, met genotvolle beskrywings van die mense en situasies. M.J. Prins sonder hierdie boek uit as ’n besondere hoogtepunt in Venter se oeuvre.. Die Federasie van Rapportryerskorpse het in 1982 die Rapportryersprys vir ’n verdienstelike Afrikaanse werk toegeken aan “Kambrokind.

Bron: https://www.wikiwand.com/af/F.A._Venter

https://i.pinimg.com/originals/49/2b/59/492b59c94ef06f83394c88dc41f120bc.jpg

LINKS: F A Venter. Bekende Suid-Afrikaanse skrywer. Attribusie: Vaandel. http://vaandel.co.za/1834-vandag-niks-het-verander-nie/ REGS: F A Venter as n jong man. Attribusie: i.pinimg.com. https://i.pinimg.com/originals/49/2b/59/492b59c94ef06f83394c88dc41f120bc.jpg

Uit my sketsboek:

Sketsboek: Die Kambro-plant (Fockea Edulis). Potlood, ink en waterkleure. W Van Zyl (April 2020).

Sketsboek: F A Venter en die Kambro-plant (of Kambroo). W Van Zyl (8 April 2020).

Meer oor F A Venter/ More about F A Venter

François Alwyn Venter was born in Hopetown on 27 November 1916. He attended school at Vioolskraal, Strydenburg and Hopetown, and matriculated in 1934. He studied at Stellenbosch University and commenced a career as journalist in 1938, working in Cape Town, Pretoria, Windhoek and Johannesburg. In 1960 he began farming in the Kenhardt district, and ten years later started farming near Vredendal in the Olifants River Valley. In 1976 he retired to Strand, where he began to write full-time.

F.A. Venter was known for his historical novels, short stories and books for young adults. He received the Hertzog Prize for prose in 1961 for his novels Swart pelgrim and Geknelde land. Geknelde land formed part of his Great Trek tetralogy which appeared in the 1960s and also included Offerland, Gelofteland and Bedoelde land. His last book, Van Botterkraal na Altena, appeared in 1996 in celebration of his 80th birthday. It contained a selection from his four autobiographical works, one of which, Die keer toe ek my naam vergeet het, won him the Andrew Murray Prize in 1996. This book is about his recovery after suffering a stroke in 1990. F.A. Venter died on 8 July 1997 at the age of 80.

Bron: Goodreads. https://www.goodreads.com/book/show/3212255-kambro-kind

F. A. VENTER GEKNELDE LAND - 1ste... - Lizmar Books / Lizmar boeke ...

F A Venter boeke. Gelofteland, Bedoelde Land, Offerland, en Geknelde Land. Attribusie: https://www.facebook.com/Lizmarbooks/posts/f-a-ventergeknelde-land-1ste-uitgawe-1960-hardeband-sonder-stofomslag-ex-skool-b/2226114647473577/

Kambro-kind. FA Venter.

Kambro-kind. Deur F A Venter. Attribusie: Bid or Buy. https://www.bidorbuy.co.za/item/457884088/Kambro_kind_FA_Venter.html

Fockea edulis . Kambroo plant. There are 6 species of Fockea (with numerous synonyms) found in tropical, Eastern and Southern Africa. They have swollen, sometimes warty, tubers, which in their habitat grow underground, and branching stems with opposite leaves. The stems readily exude a milky latex when bruised, said to be poisonous. The Kambro or Fockea edilus have an edible root, which is sweet and bread-like. 

Attribusie: By Amada44 – Own work, CC BY 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=15263053

Meer oor F A Venter

https://www.wikiwand.com/af/F.A._Venter

Meer E-boeke and artikels: https://fivehousepublishing.com/

Lees aanlyn: https://williamvanzyl.atavist.com/

Besoek http://williamvanzyl.com/ vir meer oor die skrywer.

About Post Author

admin

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %