$0.00

Beskrywing:

148 grootte A4 bladsye. 12,900 woorde met verskeie fotos van die familie, plekke, mense en nog baie meer. Gedigte oor Errie en Lizzia Kleynhans is ook ingesluit.

Inhoud/Contents

Fyn Sout, Growwe Sout, Beeslek, en Biltong. Memoirs, stories, en meer oor Doornkuil en Steenbokpan. Bladsy 5

Voorwoord. Bladsy 9

Hoofstuk 1/Chapter 1. Bladsy16

Ringetjies in die bos. 17

Geregte van Lizzia gemeng met goeie herrineringe: 22

Lizzia se Boereraate van lank gelede: 31

Hoofstuk 2/Chapter 2. 47

Hoofstuk 3/Chapter 3: N Trekker is Lekker Sterk. 51

Inleiding. 51

Hantam staan in ‘Steenbok-se-pan’ 51

Boeremusiek: Ernst se gunsteling musiek. 56

Ter nagedagtenis aan Ernst Johannes Lodewyk Kleynhans. 57

Hoofstuk 4/Chapter 4. 63

HISTORY:. 63

OWNER OF THE TIARA AND LADIES HANDKERCHIEFS (HEIRLOOM):Malinda Van Zyl (Magdalena, Carolina, Kleynhans) was given the ‘bridal crown’ (tiara) and handkerchiefs as an heirloom by her mother, Lizzia. 70

ABOUT THE TIARA:. 70

ABOUT THE HANDKERCHIEF:. 76

THE TIARA AND HANDKERCHIEFS CONNECTING PEOPLE:. 85

INTRODUCTION.. 92

ABOUT MALINDA VAN ZYL.. 96

ACCOMPANYING PICTURES:. 96

Hoofstuk 5/Chapter 5. 97

Hoofstuk 6/Chapter 6. 105

Hoofstuk 7/Chapter 7. 111

Hoofstuk 8/Chapter 8. 121

Inleiding.. 121

Die Foto se snare. 121

Strings of the Photograph. 122

Ter nagedagtenis aan Ernst Johannes Lodewyk Kleynhans (in remembrance). 126

Kopiereg/Copyright. 129

Die skrywers/The authors. 129

Die Beiteljie (The Stonemason’s Little Chisel). 129

Hoofstuk 9/Chapter 9. 129

Waardering en dank/ Appreciation and thanks. 143

KOPIEREG (COPYRIGHT). Bladsy 145

Die skrywers: Malinda & William Van Zyl. Bladsy 145

  

Voorwoord

In hierdie memoirs van Malinda, en in die gedigte vir haar ouers, Lizzia en Ernst Kleynhans, beskryf sy haar liefde vir haar ouers. The gedig ‘Ringetjies in die Bos’ beskryf hoe Malinda – as n jong dogter – baie sorgvrye ure in die bos op hul plaas Doornkuil deurgebring het. Sy skep unieke verbintenisse met die sinistere bos en haar ma. Sy gebruik onder andere die geregte wat haar ma met soveel liefde voorberei het om haar ma en die gebeure van die verlede te beskryf. Die bos op hul plaas – Doringkuil – was die plek waar sy as jong dogter gespeel het en baie onskuldige drome uitgeleef het. Haar sterk verbeeldingrykheid en artistiese talente, glo sy, was in die bos ontwikkel. In die bos het baie kinderdrome waar geword. In die gedig beskryf sy haar ervaringe in die bos en haar ‘kunstige’ danse op die melkstal se metaal handrelings. Sy beskryf die kopseerplant… “Sy vleg ‘pragtige’ juwele … “

Die Kleynhans familie in die Vrystaat distrik vertel stories van die verlede and deel fotos van die familie. Hulle sluit ook kort huldeblyke in oor hul ouers, Ernst & Lizzia.

Hierdie boek bevat stories, artikels, gedigte, fotos, en beskrywings van gebeure van die verlede wat die lewe van die Kleynhans familie in Suid-Afrika van die tydperk van ongeveer 1950 tot 2019 saamvat. Die boek is geskep in 2019 deur Malinda Van Zyl (Kleynhans) en William Van Zyl vir Lizzia en Ernst Kleynhans en die Kleynhans familie as n huldeblyk vir hulle liefde en omgee deur die jare. Ernst en Lizzia sal altyd met deernis en liefde onthou word vir hulle toewyding aan hulle gesin, familie, en vriende.

Plekke besrywe: Die plaas Doringkuil, die plaas Steenbokpan, Hoopstad, Bloemhof, en verwante areas soos Hoopstad Skool en Bloemhof Skool. Republiek van Suid-Afrika (RSA).

Dank: N groot dankie aan al die Kleynhans familie lede wat bydraes gelewer het vir die boek. Dankie aan Theuns Kleynhans vir die spesiale bydraes oor sy ouers, asook die fotos.

 

Description

Available now: Published 1 October 2019.

Ebook – pdf format available.

Foto: Lekker beesbiltong by die biltongkerwer (Eng. = ‘beef jerky’). Koljander speserye gee aan die Suid-Afrikaanse lekkerny n besonderse geur. Die Afrikaans koerant le lekker onder die biltong en die tong van die koerant raak gelukkig aan die vetjies… Vet kolletjies op die koerant en bruinpapier, saam met die biltong geure, roep beelde op van lank gelede… Krediet: Malinda Van Zyl (2011).

Die Foto se snare

Deur Wiliam Van Zyl

 

Die foto, se hulle, vertel van n duisend vêr werelde…

N duisend maal oor, en oor−

Iemand het daardie landskap en kontoere lief, jy weet

Die beeld is in-gebrand in die liaseer kabinette van die hart, dit wag geduldig…

Die wit en swart silhoutte van die argiewe lewe in n oomblik!

Ja, dit beweeg snaar en simfonie…

Daardie land word bemin deur iemand, jy weet

N duisend maal oor, en oor−

Iemand bemin daardie entiteit, die ‘braille-leser’ ken die afdruk

Strings of the Photograph

 

By William Van Zyl

 

The photograph they say, tells of a thousand distant worlds…

A thousand times over, and over−

Someone loves that landscape and contours, you know

The image sits in the memory of the heart, patiently, waiting…

The archived black and white silhouette come to life in an instant!

Yes, it moves the strings and plays a symphony…

That land is loved and treasured by someone, you know

A thousand times over, and over−

Someone loves that entity; the ‘braille-reader’ knows that print

 

Foto Ernst & Lizzia Kleynhans

Foto van Ernst & Lizzia Kleynhans op die vertoonrak van Malinda en William se huis (New Zealand). Foto gemonteer in n ‘trekker fotoraam’. Sien die ou windpomp en oliekannietjie links. Die artefakte is simbole wat Malinda aan haar kosbare pa en ma op die plaas (Doringkuil & Steenbokpan-Hoopstad en Bloemhof omgewing) herinner. Krediet: Malinda Van Zyl (geneem in 2018).  

Average Rating

5 Star
0%
4 Star
0%
3 Star
0%
2 Star
0%
1 Star
0%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *