$0.00

Foto: New Zealand. Donderdag 16 April 2020. 7:00 vm. Attribusie: W Van Zyl.

Gedig:

Die gedig is geskryf net nadat Malinda – my vrou – die gordyne vroeg oggend oopgetrek in ons huis. Sy het my geroep en gese, “Kom Kyk, gou!” Die son was agter die heuwel met die sonsopkoms, en n mis-wolkie, rag-fyn en papier-lig, het voor die son op die heuwel gedans.

 

 

Malinda het die volgende verse vir my gelees.

 

  1. Maar U, Here, beskerm my aan alle kante,

U herstel my eer en aansien.

  1. As ek na die Here roep,

antwoord Hy my van sy heilige berg af.

Psalm 3:4 & 5

 

Vuurberg

 

Ek slaan my oë op na die vuur,

Fyn-wolk watte spinne-reën voor die son.

‘Dit is net damp.’

Vroegoggend slaan die vuur uit van agter die berg.

Die vuur-kolom het die destruksie van die nag verlig,

Negentien het nie naby my gekom nie – n vuurkolom het wag gehou.

 

 

 

Die verbond en die magtige berg, Sinai, het die pes verteer.

Op diè genadeplek – tussen die twee gerubs – op die deksel van die ark,

Daar het ek Sy stem gehoor:

“Bly op die genade plek – daar sal jy My stem hoor.”

Die stem van die Allerhoogste, gee my kalmte,

Ek geniet die beskerming van die Almagtige.

 

 

 

Sy vere en Sy vlerke bedek my – dit vou my toe.

Die warm nabyheid kan ek op my vel voel,

Die voëlvanger kan my nie vind nie.

Hy is my kleiner man-tot-man gevegskild,

Hy is ook die groot skild wat die pyle breek.

Hy is die snydende swaard wat uit my mond uitgaan.

 

 

Deur die nag het die pes getrek – dit het verby getrek.

Die diep granaat-rooi op die deurkosyn het die mag van die pes geknak.

Dit gaan oor my soos n ligte damp – dit is net fyn druppels.

Ek sien dit; maar as die son sy verkyning maak,

Verdamp die gevaar van die nag.

Die berg is nou verlig – Sy Vuurkolom-stale dryf die onheil weg.

 

 

Deur William Van Zyl (16 April 2020)

Description

N kort gedig in Afrikaans.

 

Average Rating

5 Star
0%
4 Star
0%
3 Star
0%
2 Star
0%
1 Star
0%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *