0 0
Read Time:4 Minute, 7 Second

Deur William & Malinda Van Zyl

Geskryf en gepubliseer in 2018.

Afrikaanse Gedig: Uit Dikmelk en Nettige-vet

tractor3712-1454747787-41.jpg

Inleiding

Malinda en William skryf n gedig oor die plaas Steenbok Pan – in Bloemhof, Suid Afrika – waar Malinda groot geword het.  Met verwysing na Malinda se pa Errie Kleynhans.

Hantam staan in ‘Steenbok-se-pan’

Van biltong-tyd tot wit mielie-vlei

Lê die trekker spore ge-chevron  of die warm kronkel-paadjie

Leweloos met opgekrulde, geriffelde riffels,

lei die paadjie na die dikmelk-boom

Koel en afgemat lê die bruin-en-swart honde uitgesterk

hygend onder die trekker se gesleepte wa

———————————————————–

Die son brand golwe uit die Vrystaat aarde

Die sinkplaat golwe maak hulle duinings knip-oog vêr

Die blou-groen mielies roep uit na die son en smeek vir nog vog

Waar sal hulle hulp vandaan kom?

Piet, Thys, Stoffel en Sias se dikmelk-bottels,

hang stil onder die sleepwa se warm staal

——————————————————–

Die hoop van Steenbok-se-pan lê diep

in die stem en die oë van Johannes Lodewyk

‘Hierdie jaar gaan hulle blou staan as ek so na die wolke kyk’

Die stikstof en die pitte het mooi geval,

diep met baie ver vooruitsigte

‘Steenbok-se-pan gaan blou staan’, se die man in khaki-en-sandaal

*Wat is die Hantam?

Die Hantam is ‘n streek op ‘n hoë plato rondom die dorp Calvinia in die RSA (Suid-Afrika). Aan die westekant grens dit aan Namakwaland en die Bokkeveldberge, noordwaarts aan Boesmanland, suidwaarts loop dit tot by die Roggeveldberge.

*‘Steenbok-se-pan’ verwys na n soortgelyke streek soos Hantam in die Karoo, dit is egter geleë in die Vrystaat (RSA). Warm mielie wereld.

Geneem uit: https://af.wikipedia.org/wiki/Hantam-Karoo

Verlate trekker in die veld. Krediet: Pixelbay  https://pixabay.com/en/tractor-antique-tractors-vintage-115062/
Verlate trekker in die veld. Krediet: Pixelbay  https://pixabay.com/en/tractor-antique-tractors-vintage-115062/

Boeremusiek: Ernst se gunsteling musiek

Errie het Saterdag middae, so om en by 4 namiddag, na sy silwer Toyota motor toe gestap. Hy het gaan sit aan die passasiers kant en het dan het hy na sy gunsteling musiek gesit en luister.

Die vrolike konsertinas and trekklaviere het gesing van lekker waenhuisdans , van vastrap, en van lekker ‘balke toe’.

“Hiert jou lekker skotteljons…”.

Luister na die lekker boeremusiek hieronder: ’Wie se kind is jy?’-Klipwerf Orkes.


Klipwerf Orkes “Wie se kind is jy.” 2,575,269 views Oct 12, 2011

Klipwerf Orkes tree “Wie se kind is jy” op. Wie se kind is jy is beskikbaar op Klipwerf se nuutste album “Hantam Gatskop”. Klipwerf Orkes word bemark deur Vonk Musiek en versprei deur Real Music Distribution. Musiek video vervaardig deur vphFilms http://www.vphFilms.com

Ter nagedagtenis aan Ernst (Errie) Johannes Lodewyk Kleynhans

Foto van Ernst & Lizzia Kleynhans op die vertoonrak van Malinda en William se huis (NZ). Foto gemonteer in n 'trekker fotoraam'. Sien die ou windpomp en oliekannietjie links. Die artifakte is simbole wat Malinda aan haar kosbare pa en ma op die plaas (Doringkuil & Steenbokpan-Hoopstad en Bloemhof omgewing. RSA) herinner. Krediet: Malinda Van Zyl.  
Foto van Ernst & Lizzia Kleynhans op die vertoonrak van Malinda en William se huis (NZ). Foto gemonteer in n ‘trekker fotoraam’. Sien die ou windpomp en oliekannietjie links. Die artifakte is simbole wat Malinda aan haar kosbare pa en ma op die plaas (Doringkuil & Steenbokpan-Hoopstad en Bloemhof omgewing. RSA) herinner. Krediet: Malinda Van Zyl.  
 
 Begrafnis brief – Errie Kleynhans.
Naamplaat by roosboom wat geplant is deur Malinda Van Zyl ter nagedagtenis aan haar pa Errie Kleynhans van Bloemhof, RSA. Roosboom staan by Kimihia Home and Hospital, Huntly, New Zealand. 
Naamplaat by roosboom wat geplant is deur Malinda Van Zyl ter nagedagtenis aan haar pa Errie Kleynhans van Bloemhof, RSA. Roosboom staan by Kimihia Home and Hospital, Huntly, New Zealand. 
Malinda van Zyl, dogter van Ernst Kleynhans.
Malinda van Zyl, dogter van Ernst & Lizzia Kleynhans van Bloemhof/Hoopstad omgewing.

Die skrywers

Die skrywers/digters hou daarvan om die beelde van ‘gister’ in woorde te omskryf. Die helder ervaringe en herinneringe kry heuning-soet betekenis op die wit bladsye, as hulle terug reflekteer op wat gebeur het, lank gelede in die spelonk van hul gedates. Soms tuur hulle die verte in en skryf hulle oor dit wat aangerol kom oor die ronde aarde.

William & Malinda Van Zyl

Meer/More:

http://williamvanzyl.com/Malinda.php

Kopiereg @ 2018

Hierdie gedig/gedigte is vir die uitsluitlike doel vir lees-en-geniet. Dit is die werk van William & Malinda Van Zyl – tensy anders vermeld.  Die foto’s is meestal ons eie eiendom en geen materiaal mag gebruik word sonder direkte geskrewe/getikte toestemming nie.  Om dit te gebruik sonder toestemming is onwettig.

Geskryf en gepubliseer in 2018.

Kort gedeeltes van die werk mag gedeel word op sosiale webtuistes met volledige verwysings. Die kort verwysings of ‘links’ moet gepaard gaan met erkenning aan die outeur/digter (voeg naam by). Die werk mag onder geen omstandighede vir kommersiële doeleindes gebruik word nie. Dit is die eksklusiewe eiendom van William & Malinda van Zyl. Die werk kan moontlik beskikbaar gemaak word.

Kontak:

williamvzyl@xtra.co.nz

About Post Author

admin

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %