0 0
Read Time:4 Minute, 57 Second

Die Ou Plaaswinkel.

Deur William & Malinda Van Zyl

Geskryf in 2018. Gepubliseer in 2019.

Old Farm Shop located in the Freestate (RSA).

DIE OU PLAASWINKEL

Ek hoor die laggende kinderstemme rippel oor die wit sand,

N paar opgewonde honde blaf en spring dat die stof staan.

Hulle tol en tol om hul sterte – rond en rondom.

Hulle hoop om tog net so n ou lekseltjie te kry – hulle bekke kweil.

—————————–0—————————–

N gebleikte rooi Massey Ferguson trekker knor skielik verby,

Hy is haastig om n bakkie uit die los sand te gaan tou.

Hy hop-hop, en spring-spring oor die harde en los sand – die drywer moet klou vir lewe en dood!

Dit is snik-warm. Die swart vet gekraakte buitebande buig en buig.

—————————–0—————————–

Die drywer gryp sy hoed met een hand en stuur verbete met die ander.

N bottel suurpap swaai gevaarlik teen die kant van die modderskerm – die flikkerlig is weg!  

Die drywer wip op en af op die stukkende bruin-karton en spons-sitplek,

N swart hond moet spring vir sy lewe. Die drywer is haastig vandag.

—————————–0—————————–

N roomys val in die los sand: “Oh cha, kukhona ice cream yami ngaphesheya!”

(Aggee nee daar is my roomys daarmee heen!)

N groot maer bruin hond slurp die sand en roomys in een homp op.

Die ander brakke kyk verlee na die paar soet skuim-druppels wat op die grond drup.

—————————–0—————————–

Die kinders skater.

“Kyk die hond se bek is wit!” lag die groot wit oe.

N taai skurwe-hand klou die vyftigsent stywer vas – vir lewe en dood,

Dit is nog n koue roomys werd.

—————————–0—————————–

Hulle het eintlik kom mieliemeel koop.

Maar, roomys in die snikhete warmte, is onweerstaanbaar.

Die warm Vrystaat-sand brand hul growwe voete bleek.

Hulle trippel van doringboom-skaduwee tot boomskaduwee.

—————————–0—————————–

N draadkar met ‘Nugget’ skoenpolitoer blik-wiele maak n vinnige draai.

Die draadkar hop n paar keer en gooi n sproeireen van Vrystaat stof in n sierlike boog.

Roomys in een hand en stuurwiel in die ander, die kar is sy trots.

Die ‘aerial’ swaai sorgeloos heen-en-weer. Frekwensie – ou plaaswinkel.

—————————–0—————————–

Oom Michal en sy vrou ‘Speek’ verkoop naellak vir n sikspens op die somersdag – rooi, bloed-rooi.

N groot vertoon-glaskas is gepak met goedkoop juweliersware -”baie ‘grend’ hoor!”

N vet ronde glasbottel met wit-en-pienk suiglekkers glinster op die toonbank. Die hartjies lees: ‘I love you.’

Hier, in die ou negosie-gebou, word alle kinder drome waar!     

—————————–0—————————–

Die ou plaaswinkel van Doornkuil is n oase op so n snikhete dag.

Die koue ‘wit’ monde kekkel van lekkerkry.

N rumoer van lewe, hoop, en geluk vul die helder blou lug.

Doornkuil se ou winkel is n warm warrel-poel van diep-liefde, wit-roomys, draadkarre, en plaas-plesier.           

—————————–0—————————–

Deur: William & Malinda Van Zyl

FOTOS

Die Plaaswinkel. Verlate gebou op die plaas Doornkuil. Vrystaat, Suid-Afrika (RSA). Krediet: Theuns Kleynhans. Geneem in 2018. 

Ou Meule. Verlate gebou op die plaas Doornkuil. Vrystaat, Suid-Afrika (RSA). Krediet: Theuns Kleynhans. Geneem in 2018.  

  

Meer oor die outeurs/More about the authors

  William Van Zyl

William hou daarvan om die beelde van ‘gister’ in woorde te omskryf. Die helder ervaringe en herinneringe kry heuning-soet betekenis op die wit bladsye, as hy terug reflekteer op wat gebeur het, lank gelede in die spelonk van sy gedates. Soms tuur hy die verte in en skryf hy van dit wat aangerol kom oor die ronde aarde.

The author loves to recall images of yesteryear and frame it in written words. The vivid experiences and memories develop honey-sweet meaning on the white pages as he reflects on the past. He sees the events in the caves of his imagination; it comes rolling in from the deep and appear over the horizon of the circular earth.

Malinda Van Zyl

Malinda hou daarvan om beelde en prentjies in woorde te omskryf. Die helder ervaringe en herinneringe kry kaneel-suiker-soet betekenis op die helder wit bladsye, wanneersy terug dink aan die verlede en die mense wat sy lief het.  Soms speel op die klavier, en dan skryf sy van dit wat sy in haar geestesoog sien en dit wat sy in haar hart ervaar. Liefde en geluk! 

Malinda hou ook daarvan om in die aande en agtermiddae by haar klavier te gaan sit en dan speel sy van haar gunsteling musiek: Ver in die ou Kalahari, Smoke gets in your eyes, en meer. Die spesiale musiek voer haar terug na haar kinderjare, herrineringe aan haar ouers, gedagtes aan haar broers, en die warm Vrystaat waar sy groot geword het. Sy sien haar kinderjare voor haar afspeel en sy ervaar haar ouers se liefde vir haar. Sy verlang baie na haar ma, haar pa, haar broers, en die res van haar familie in die RSA.

Sien meer by die webtuistes/ See more at these websites:

Five House Publishing

Meer oor die skrywers/More about the authors:

http://williamvanzyl.com/

Copyright © 2019 – William & Malinda Van Zyl

Die Ou Plaaswinkel (gedig)

All rights reserved. This book or any portion

thereof may not be reproduced or used in any manner

whatsoever without the express written permission of the

publisher except for the use of brief quotations in a book review.

Published by First House Publishing (New Zealand)

First Publishing, 2019

Contact:

williamvzyl@xtra.co.nz or lillavz@xtra.co.nz

  

Kopiereg@2019 – William & Malinda Van Zyl

Die Ou Plaaswinkel

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, mikroverfilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

Eerste publiskasie 2019

Kontak:

williamvzyl@xtra.co.nz of lillavz@xtra.co.nz

About Post Author

admin

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %