$0.00
Malinda hou daarvan om beelde en prentjies in woorde te omskryf. Die helder ervaringe en herinneringe kry kaneel-suiker-soet betekenis op die helder wit bladsye, wanneersy terug dink aan die verlede en die mense wat sy lief het. Soms speel op die klavier, en dan skryf sy van dit wat sy in haar geestesoog sien en dit wat sy in haar hart ervaar. Liefde en geluk!
Description
Die Ou Plaaswinkel
DIE OU PLAASWINKEL
Ek hoor die laggende kinderstemme rippel oor die wit sand,
N paar opgewonde honde blaf en spring dat die stof staan.
Hulle tol en tol om hul sterte – rond en rondom.
Hulle hoop om tog net so n ou lekseltjie te kry – hulle bekke kweil.
N gebleikte rooi Massey Ferguson trekker knor skielik verby,
Hy is haastig om n bakkie uit die los sand te gaan tou.
Hy hop-hop, en spring-spring oor die harde en los sand – die drywer moet klou vir lewe en dood!
Dit is snik-warm. Die swart vet gekraakte buitebande buig en buig.
Die drywer gryp sy hoed met een hand en stuur verbete met die ander.