$0.00

Lees die volle artikel as n Webjoernaal (Blog Post) hier:

https://fivehousepublishing.com/2021/05/15/beddeken-tossels-red-baba-se-lewe-die-kambro-kind-2/

 

Artikel details: 16 bladsye met verskeie fotos. 2444 woorde.

UITREKSEL:

 

# 4 Moet nooit, nooit, nooit moed opgee nie:

 

“Never, never, never, give up!” Winston Churchill.

 

 

Die wêreld en die lewe sal voortgaan ten spyte van elke krisis.

 

Wees gereed om jou manier van dink te verander. Dink buite die vierkant, die sirkel and die ovaal. Wag op die Vader, Hy kan jou n idee gee, n nuwe plan, n unieke strategie. Mediteer. Die nuwe konsep sal kom; totaal nuwe maniere van doen sal begin posvat. Ons moet die gemaksones waaraan ons gewoond is verlaat. Uitdagings verg n nuwe manier van dink. Dink nuut!

 

Kyk na die natuur, dit gaan voort elke dag. In tye van nood en n krisis doen diere dinge anders.

 

 

Die Duikklokspinnekop:

 

Van die interessantste aanpassings is dié waarin diere of insekete hul gedrag verander om aan te pas by hul omgewings of situasies. Die duikklokspinnekop leef sy hele lewe onder water, ondanks lugaseming. Dit weef ‘n spesiale soort web wat as lugborrel gebruik word. Dit word onder die wateroppervlak geneem om te jag, te paar en sy nageslag te verseker. Die spinnekop moet uiteindelik elke paar dae die lugtoevoer in die borrel verfris. Dit gaan uit van onder die water en gaan haal vars suurstof op die oppervlak. Die spinnekop vat die web met borreltjies dan weer onderwater om van asem te haal. Uiters innoverend!

Die Duikklokspinnekop. N ‘scuba-duiker’ – uiters innoverend. Attribusie: http://winvertebrates.uwsp.edu/kaminski_361_2015.html

Ons kan in tye van nood, tekort, en rampe geforseer word om innoverend en kreatief te dink. As jy gespanne is – wanneer jy onder druk is – kan jy nie optimal funksioneer nie. As jy vol geloof is, en positiewe deklerasies maak, word jy ontspanne en kom die idees wat jy nodig het om aanpassings te maak.

 

Kambro-kind. Deur F A Venter. Attribusie: Bid or Buy.

https://www.bidorbuy.co.za/item/457884088/Kambro_kind_FA_Venter.html

Description

Uittreksel:

Gebasseer op n ware verhaal.

 

Mev Venter lê bewusteloos op haar bed; n sagte suiggeluid breek die stilte in die slaapkamer.

 

Mev Venter toon geen respons.

Daar is die suig geluid weer.

Mev Venter lê roerloos dwars oor haar bed.

Op die grond beweeg n klein bondeltjie.

Twee klein armpies swaai en gryp in die lug.

Die klein vasgedraaide klein mensie kan nie meer huil nie.

Dit is dag twee.

 

Dan ontwaak Mev Venter uit haar diep slaap.

“Waar is my baba?”

Haar liefdevolle hand soek oor haar bed. Hy is weg.

Sy raak angstig.

Dan, kyk sy na die vloer.

“Daar is hy, daar is hy!  Hy het iets in sy mond. O nee!”

Fransie maak sy oë oop as hy se ma se stem hoor.

Sy mond beweeg in a suig beweging.

Dan swaai sy arms asof hy nie asem kan kry nie.

“Wat is in jou mond?” roep Fransie se ma uit as sy opspring en hom opraap.

Sy is deur die slaap. N diep slaap.

 

Die stukkie lyn van n bruin klos steek by sy mond uit.

Sy trek die nat gekoude bondel uit haar baba se mond.

“Dit is n tossel! Hy het n beddeken tossel in sy mond. Dit is my beddeken-se tossel!” gil Mev Venter.

Klein Fransie hyg na sy asem.

“Dank die Vader hy lewe!” sug Mev Venter.

https://youtu.be/O3cdAvMURcQ

*Filmed live at the Centurion theatre in 2007 by Blixem Productions for the DVD titled “Lucas Maree en vriende” – available from Select Music Distribution (www.smd.co.za).

Uit my sketsboek:

Sketsboek: Die Kambro-plant (Fockea Edulis). Potlood, ink en waterkleure. W Van Zyl (April 2020).

Average Rating

5 Star
0%
4 Star
0%
3 Star
0%
2 Star
0%
1 Star
0%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *