Die Beiteltjie (The Stonemason’s Little Chisel/The Little Cold Chisel). AFRIKAANSE GEDIG

0 0
Read Time:15 Minute, 55 Second

Deur William Van Zyl. Gepubliseer in 2017.

Die klipmesselaar se tafel (of die beeldhou werker se tafel)/ Stone mason’s bench. Also caled the scupturer’s table.

Agtergrond:

Hierdie gedig was in die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen (RSA) vir die Afrikaanse Eerste taal eksamen in 1976 – my final jaar op skool (Hentie Cilliers, Virginia, Vrystaat).Op daardie stadium het ek nie die diepte van die gedig besef nie. Ek kon dit nie in soveel diepte waardeer nie. Hulle se ‘die kultuur van n taal en volk word in sy skrywers en digters gevind’ – dit is so waar! Hier is die gedig met n paar van my persoonlike opmerkings.

DIE BEITELTJIE

                    Deur N.P. van Wyk Louw

Ek kry ‘n klein klein beiteltjie,ek tik hom en hy klink; toe slyp ek en ek slyp hom totdat hy klink en blink.

Ek sit ‘n klippie op ‘n rots- mens moet jou vergewis:‘n beitel moet kan klip breek as hy ‘n beitel is  –

ek slaat hom met my beiteltjie en dié was sterk genoeg: daar spring die klippie stukkend so skoon soos langs ‘n voeg:

toe, onder my tien vingers barsdie grys rots middeldeur en langs my voete voel ek die sagte aarde skeur,

die donker naat loop deur my land en kloof hom wortel toe -só moet ‘n beitel slaan wat beitel is, of hoé?

Dan, met twee goue afgronde val die planeet aan twee en oor die kranse, kokend, verdwyn die vlak groen see

en op die dag sien ek die nag daar anderkant gaan oop met ‘n bars wat van my beitel af dwarsdeur die sterre loop.

N P Van Wyk Louw. Krediet: Wikiwand  http://www.wikiwand.com/af/N.P._van_Wyk_Louw
N P Van Wyk Louw. Krediet: Wikiwand  http://www.wikiwand.com/af/N.P._van_Wyk_Louw

Geboortenaam Nicolaas Petrus Van Wyk Louw.

Gebore op 11 Junie 1906 in Sutherland

. Oorlede op 18 Junie 1970 – Johannesburg

. Nasionaliteit Suid-Afrika

Beroep: Digter, akademikus en dramaturg.

Huweliksmaat Joan Wessels, Truida Pohl (Bron: http://www.wikiwand.com/af/N.P._van_Wyk_Louw).

https://youtube.com/watch?v=MVtzKKcTJlA%3Fversion%3D3%26rel%3D1%26showsearch%3D0%26showinfo%3D1%26iv_load_policy%3D1%26fs%3D1%26hl%3Den%26autohide%3D2%26wmode%3Dtransparent

ENGLISH VERSION:

THE LITTLE CHISEL

Here in my hands a small cold-chisel, I tap it and it rings; and I hone it and I stone it until its bright edge sings.

I prop a pebble on a rock;-  you’ve got to get this clear: a chisel that’s a real cold-chisel can crack a boulder sheer –

I slam it with my chisel edge, its toughness is a gift: straight the pebble flies apart as clean as on a rift:

next, under my ten fingers split, the granite rock divides, below my feet I start to feel the softened earth subside,

and dark the seam runs through my land and cleaves it to the core -so a chisel cuts that truly is a chisel, or what’s it for?

Then with two gold-red chasms the planet falls in two and down the rockfalls boiling, drains the ocean flat and blue

and in the day I see the night below me open far with a crack that from my chisel blow runs to the furthest star.

*Source: https://groups.google.com/forum/#!topic/soc.culture.south-africa.afrikaans/itLXji-pRr4

Kort bespreking

Heelwat is al gese oor die gedig, ek sien egter die ‘geskrewe en die gesproke woord’ in die gedig. Dit word vertel, of miskien het hy (Van Wyk Louw) dit self in en rondom sy eie werk vertel, dat die gedig volledig een Kaapse oggend na hom toe gekom het. Hy was te voet op pad universiteit toe, toe die woorde plotseling in sy kop verskyn. Agter sy lessenaar het hy dit in sy geheel neergeskryf. “Die donker naat loop deur my land…” verwys na n politieke tyd waar geweld deel was van Suid-Afrika (apartheid). Aan die einde van die bespreking maak ek n paar opmerkings oor die mag van woorde en politieke situasies.

Van Wyk Louw – dink ek – verwys na die ontwikkeling van sy digkuns en sy skryfwerk in die gedig, en uitendelik verwys hy na die impak daarvan (selfs in die toekoms in het dit n gevolg). Ek wil egter n paar opmerkings maak oor wat ek persoonlik in die gedig sien. Hierdie is n persoonlike interpretasie van wat ek sien wanneer ek die gedig lees. Let wel ek sluit ook n sterk geestelike verwysingsraamwerk, naamlik Die Bybel en God se skeppingskrag in om addisioneel die gedig se diepte te ontgin! Ek fokus op die krag van woorde wat klein begin en wat uitendelik n wereld kan verdeel en in beroering bring. Dit kan ook skep. Met een klein woord en toenemende geloof daaragter kan hemel en aarde geskuif word. Dit is die mag van woorde volgens die Woord! Skrywers het baie mag en soos hulle hul kuns onwikkel – en meer skryf – word hulle meer invloedryk. Met ander woorde hulle ontdek eers die skryfkuns (‘klink die beiteltjie’-toets dit), dan begin hulle om n klein klippie te kloof (begin skryfwerk), daarna kan hulle n groot rots kloof (publiseer), en uiteindelik het hulle die mag om die wereld te beinvloed (kloof planeet in twee, tot verby die sterre). Die werk van skrywers kan ‘weerklink,’ en aanhou tot ‘dwarsdeur’ die sterrehemel.

Dan, met twee goue afgronde

val die planeet aan twee

en oor die kranse, kokend,

verdwyn die vlak groen see

en op die dag sien ek die nag

daar anderkant gaan oop

met ‘n bars wat van my beitel af

dwarsdeur die sterre loop.  

GESPROKE WOORD:GOD SE SEKEPPENDE WOORDE VERGELYK MET DIE WOORDE VAN DIE MENS

Terselfdertyd, wil ek n parrallel trek tussen die mens en die Skepper (Yahweh) se Woorde. Let wel die Vader skep die kosmos met sy mond (ons skep ook met ons woorde): “Laat daar Lig wees, en daar was Lig.”(Genesis 1). Toe die Skeppings-Woord gespreek word is dit net n klank (‘ek kap hom en hy klink’), dan vorm dit n konsep, die konsep word n voorwerp, die voorwerp kry dan n instruksie (deur die gedagte van die Vader) en dit begin om data te analiseer, en te interpreteer. Dit gaan voort om n kode te onvang en dit word dit wat deur die spreker in sy/haar geestesoog gesien word (DNA word toegevoeg). Net so skep die mens met sy woorde! Die skrywer sien n konsep (idee), hy/sy spreek dit – en hy/sy skryf dit neer – die woorde gaan voort en skep…Byvoorbeeld die gedig wat ons hier bespreek “Die Beiteltjie.” Dit het in die gedagte van Van Wyk Louw begin…en sien hoeveel jare later lees ons dit nog steeds en word dit steeds bespreek!

GESKREWE WOORD (DIGKUNS EN SKRYFKUNS)

Ek verwys ook na die geskrewe Woord en die mag van die Woorde. Van Wyk Louw beskryf in die eerste 3 verse hoe hy sy skryf- en digkuns ondek en ontwikkel. Byvoorbeeld, hy ontdek sy skryfkuns en die moontlikhede daarvan. “Hy kry die beiteltjie (ontdek die skryfkuns).” Hy eksperimenteer daarmee en hy onwikkel sy tegniek (“slyp en slyp”).Let wel daar is n verhardings tegniek waar metaal warm gemaak word en dan vinnig afgekoel word (in koue water geplaas word) om die metaal vir n beitel baie hard en duursaam te maak.Van Wyk Louw ‘klink’ die beitel nadat hy dit verhard het in die vuur (sy skryftegniek gevorm het).

“ek tik hom en hy klink;

toe slyp ek en ek slyp hom”

Hy toets sy skryfkuns en die krag daaragter (hy kloof n klein klippie mooi in twee). Dan – met die ondervinding en skryfkuns wat hy ontwikkel het – slaan hy n groot rots in twee. Die eskalasie van sy geskrewe woord het nou die mag en outoriteit om die wereld te impakteer – dit reik uitendelik tot verby die sterre! Let wel sy skrywe en digkuns hou net aan en aan (ons lees en interpreteer dit tot vandag toe en in die toekoms in). Die “bars loop tot deur die sterre,” wat verwys na sy geskrewe woord wat verder en verder n impak maak en beinvloed. Dit is die mag van n skrywer. Byvoorbeeld, boeke en digkuns wat deur skrywers in die verlede geskryf is hou net aan en aan en word deel van die geskiedenis van die mensdom. N goeie voorbeeld is die werk van John Newton (liriek skrywer) – “Amazing Grace.” Vers een van die bekende lied:

Amazing grace! How sweet the sound

That saved a wretch like me!

I once was lost, but now am found;

Was blind, but now I see.  

John Henry Newton, Jr. (July 24, 1725 – December 21, 1807) was an Anglican clergyman and former slave-ship captain. He was the author of many hymns, including AmazingGrace.Credit: https://commons.wikimedia.org/wiki/File:John_Newton.jpg
John Henry Newton, Jr. (July 24, 1725 – December 21, 1807) was an Anglican clergyman and former slave-ship captain. He was the author of many hymns, including AmazingGrace.Credit: https://commons.wikimedia.org/wiki/File:John_Newton.jpg

MAG VAN DIE GESPROKE WOORD (PARRALLEL TUSSEN GOD SE GESPROKE WOORD EN DIE MENS SE GESPROKE WOORD)

As jy woorde gebruik kan jy dit in jou ‘geloofs-oog’ sien gebeur? Neem n eenvoudige voorbeeld waar die Vader die woord “Forel” (‘trout’- varswater vis) spreek (tydens die Skepping). Terwyl Hy spreek – in die gedagtes van die Vader – vergader daar beelde (skepping) van hoe die forel gaan lyk. Die data is geintegreer met baie ander lae van kennis en sisteme van lewe. Die data en kennis sluit afdelings in soos suurstof inname van die vis, vorm van die vis,viseiers, posisie in die voedsel ketting, hoeveel eiers word deur ander visse geeet, hoeveel eiers moet oorbly om die voortplanting van die spesie te verseker, en baie, baie meer. Dit kan vergelyk word met die byteltjie. Dit begin met n woord, dan word die informasie toegevoeg (slyp, en slyp):

‘Ek kry ‘n klein klein beiteltjie,

ek tik hom en hy klink;

toe slyp ek en ek slyp hom

totdat hy klink en blink.’

Dit is net die begin van die skeppingsproses. Die beiteltjie begin klein. Let wel nadat die data vergader is en die forel sy volle ontwerp in die natuur kry, het dit n impak op elke omliggende spesie. Ons lees Sy Woord en ons sien hoe die woord ‘forel’ weerklink tot in die buitenste ruimtes. Wat bedoel ek by buitenste ruimtes? Die hemel verklaar Sy Heerlikheid en Sy Glorie, dit staan verstom oor Sy Almag en krag!

‘en op die dag sien ek die nag

daar anderkant gaan oop

met ‘n bars wat van my beitel af

dwarsdeur die sterre loop.’   

Dit wil se net een van Sy woorde, net een van sy skeppings (bv. die forel) word n enorme voorwerp van Heerlikheid en Glorie. Hoeveel te meer as ons alles in die skeppig saam sit, dit kan vergelyk word met die laaste vers van die byteltjie. Die mag van die Woord wat ons van die Vader ontvang het in ons mond kan enige iets vermag. Dit kan die grootste probleem oplos, dit kan die grootste berg (problem) skuif!  

‘Dan, met twee goue afgronde

val die planeet aan twee

en oor die kranse, kokend,

verdwyn die vlak groen see.’  

Die woorde wat ons gebruik is klein, maar n kragtige stuk gereedskap. Net soos n klein beiteltjie! Dit sluit ook die geskrewe woord in!

POLITIEKE PERSPEKTIEF:

“die donker naat loop deur my land

en kloof hom wortel toe -”

Van Wyk Louw verwys hier na Suid-Afrika se apartheids era waar geweld n barometer was van die gevoelens and onderstrominge op politieke en ekonomiese gebied. Die plofbaarheid van die tydperk het verrykende gevolge gehad vir die burgers van die land op daardie stadium. The woorde wat politieke leiers en ander aktiviste gebruik het, sowel as hul publikasies, het die land ‘gekloof en verdeel tot die wortel toe.’ Dit is baie duidelik hoe die digkuns, romans, prosa, en ander publikasies – in daardie plofbare ‘apartheids seisoen’ – n geweldige impak gehad het op al die verskillende faksies (wit, swart en bruin). Byvoorbeeld, sien die die werk van die kontroversiele skrywer Breyten Breytenbach, “N mond vol vuur.” Van Wyk Louw het beslis na die politieke gebeure in die apartheids seisoen van die RSA verwys in sy gedig ‘Die Byteltjie.’ Van Wyk Louw het besef dat hy invloed het as n bekende digter. Hoe sou hy sy talent en gawe inspan? Verdeel of rekonsilieer, dit is die vraag? ‘Die Byteltjie’ is so n unieke en sterk gedig in die Afrikaanse poetiese genre want dit laat die leser besef dat ons almal het n keuse met ons woorde. Die groot vraag is gaan ons dit gebruik om te bou, of gaan ons dit inspan om te verdeel?

“die donker naat loop deur my land

en kloof hom wortel toe -” (Van Wyk Louw)

———————————————————-

OF

———————————————————-

“die donker naat in my land is nou net n letsel

ek vorm en ‘om-arm’ dit met my helende bytel-regterhand – ”

———————————————————-

*(my persoonlike alternatief in digvorm om die vers van Van Wyk Louw ‘om te keer’ met n ander perspektief – n perspektief van ‘heling’ en rekonsiliasie vir n verdeelde diverse-komplekse samelewing).

IN N NEGATIEWE KONTEKS

Woorde het die vermoee om n klein vuur van gedagtes aan te hits en aan te blaas tot n volle ‘veldbrand wat huise en geboue vernietig.’ Net so is dit waar vir mense. Ons gebruik ons woorde om te bou of af te breek. Woorde kan n oorlog begin. Ek vergelyk die Woorde van die Vader hier:

“Truly I tell you, if anyone says to this mountain, ‘Go, throw yourself into the sea,’ and does not doubt in their heart but believes that what they say will happen, it will be done for them.” Mark 11:23.

Net so kan ons met n klein beiteltjie (woorde in ons mond) die onmoontlike vermag! Ons woorde kan vergelyk word met n groot skip wat deur n klein roer gestuur word. As jy jou tong kan beheer kan jy jou hele lewe beheer en bestuur. ‘What you say is what you get.’ Die mens se tong is soos die pen van n skrywer wat gereed staan om te skep. Wat skryf ons in ons lewens in?

“…My heart is stirred by a noble theme as I recite my verses for the king; my tongue is the pen of a skillful writer.” Psalm 45:1

VIDEO ILLUSTREER DIE MAG VAN GESPROKE EN GESKREWE WOORDE

Let wel die digter, Van Wyk Louw, gebruik n baie klein klip-beitel in sy gedig. Ek verwys graag na die video hieronder in die verband. Ek het die video n paar dae gelede gesien en dit het n sterk indruk op my gelaat. Ek deel dit graag. Sien hoe die persoon met die klein stukkie gereedskap uiteindelik die groot rots breek.  

Alles wat geskep is, het met woorde begin… “By faith we understand that the universe was formed at God’s command, so that what is seen was not made out of what was visible.” Hebrews 11:3   

Sien Arnaldo Costa hier in aksie!Sien hoe hy klein beiteltjies inspan om n enorme rots te breek.

Youtube: Published on May 6, 2015

Watch as he skillfully crafts his old world trade at 86 years old. He doesn’t have a helper… no he doesn’t need a helper. They just get in his way! Ha!

https://youtube.com/watch?v=v-NsirLXUMk%3Fversion%3D3%26rel%3D1%26showsearch%3D0%26showinfo%3D1%26iv_load_policy%3D1%26fs%3D1%26hl%3Den%26autohide%3D2%26wmode%3Dtransparent

Hierdie video is vir my n toonbeeld van die mag van woorde. Die herhaling van woorde, en die volharding daarmee gee uiteindelik resultate. Die beiteltjies werk almal saam om die rots te kloof! Die repetisie van woorde breek of bou. Die repetisie van skryfwerk kan groot rotse breek (baie vermag). Die keuse is in ons mond en le op ons tong. Net soos die rots breek gaan die invloed en implikasie aan en aan…

“Dan, met twee goue afgronde

val die planeet aan twee

en oor die kranse, kokend,

verdwyn die vlak groen see.”  

https://youtube.com/watch?v=cBMcMGBhUVk%3Fversion%3D3%26rel%3D1%26showsearch%3D0%26showinfo%3D1%26iv_load_policy%3D1%26fs%3D1%26hl%3Den%26autohide%3D2%26wmode%3Dtransparent

In die video se die persoon nadat hy die rots gekloof het: “We have two pieces of rock, now what do we do?’. Maak seker jy weet wat jy wil bereik wanneer jy jou woorde gebruik. As jy nie daaroor dink nie eindig jy op met n resultaat wat nie gunstig is nie.

Die woorde wat ons elke dag gebruik en die woorde wat ons elke dag oor ons self spreek beinvloed ons direk. Ons woorde het ook n impak op andere rondom ons. Kies woorde met versigtigheid en met wysheid.    

Luister na Evy Poumpouras: “Your mouth is your biggest weapon…With your mouth, you get people to comply.”  

YOUTUBE:Published on Jun 3, 2015

Your words are what matter; they are the art form that gets people to give you what you want and gets people to comply. Here Evy shares some tips, tricks, and techniques to help you be the best communicator you can be. Evy Poumpouras is former Special Agent for the U.S. Secret Service and an on-air contributor for CNN, NBC, CBS, and FOX regarding interview and investigation techniques. In addition to her fraud investigations, she has provided presidential protective detail for President Barack Obama, President George W. Bush, and many more. This talk was given at a TEDx event using the TED conference format but independently organized by a local community. Learn more at http://ted.com/tedxhttps://www.youtube.com/embed/03FsTbkcxuI?version=3&rel=1&showsearch=0&showinfo=1&iv_load_policy=1&fs=1&hl=en&autohide=2&wmode=transparent

Verwysings/References

Van Zyl, W. (2017). Die Beiteltjie/The Litle Cold Chisel. Geneem van/taken from website Five House Publishing

KOPIEREG (COPYRIGHT)

Die Beiteltjie

Alle regte voorbehou.Hierdie werk mag nie gereproduser word of gepubliseer word nie.

Kort aanhalings, verwysings na die webtuiste, of kort besprekings met aanhalings mag gebruik word. Verwysings in sosiale media (Facebook, Twitter, ens.) mag gebruik word. Byvoorbeeld die ‘link’ (URL) mag gedeel word op sosiale media. The fotos mag nie gereproduseer word nie.

The Stonemason’s little Chisel

All rights reserved. The contents or any portion thereof

may not be reproduced or used in any manner whatsoever

without the express written permission of William van Zyl.

You are not allowed to publish this work or any part thereof.

However, brief quotations in a book review, references to the website, links to the website, or very short references, may be used. Links to social media websites (Facebook, Twitter, etc.) may be used. The photographs may not be reproduced.

Kontak/Contact:

williamvzyl@xtra.co.nz

Sien meer by die webtuistes/ See more at these websites:

Vir meer besoek/for more visit: https://fivehousepublishing.com/

Meer oor die skrywer/More about the author:

http://williamvanzyl.com/  

About Post Author

admin

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %