0 0
Read Time:4 Minute, 57 Second

Deur William & Malinda Van Zyl

Aangepas (2017). Herpubliseer in 2025.

Luister op SoundCloud: Klankopname.

Die gedig gaan oor visvang by die Bloemhofdam – Suid-Afrika. Die storie vertel van drie manne wat visvang by die dam. Die pa, Ernst Kleynhans en sy twee seuns, Deon & Theuns, is kranige vissermanne – hulle leef hul passie uit langs die viswaters (Bloemhof distrik). Ek skryf die gedig met die ondervindinge wat ek oor baie jare saam met hulle beleef het langs die viswaters in Bloemhof. 

Fotos van Ernst Kleynhans, Bloemhofdam, die lede van die Kleynhans gesin, is ingesluit.

Errie se se goed:

Zebra = donkie met pajamas aan

Ou honde trap nuwe spore

Tussen die bye en die koeke

“Drink and be thankful” = Drink daar is nog n tenk vol

Errie se gunsteling musiek:

KLIPWERF ORKES

‘Waitin for the lightnin”

Link SPOTIFY: https://open.spotify.com/album/718EGIse558djsCUEeSDLC?si=tukcrG92SmOTvBxzkpYt0g

Bloemhofdam

Die stokke staan en hang gereed om n grootte op te raap.

Die bakkie se tong hang uit , as hy tog net n blaaskans kan kry.

Bloemhof dam is sy rusplek, ver weg van mielies plant , diesel pomp en Pioneer saad saai.

——————————————————–

Kerrie-pap, knoffel-pap en eiergeel-bruinbrood-pap is net die ding!

Die groot sterk bruingebrande Vrystaat mielieboer se hande brei, druk en vou die geelpap totdat dit klou dat dit vrek.

Die pap omhels die  hoek “Dit sal vashou vir lewe-en-dood”.

———————————————————

Die dam le spieel-glad vanmore uitgesterk en le lui-lekker koel onder die wit vlieswolkies—

Glad soos glas, op die naat van sy rug.

Swaeltjies vliert en skiet onder deur die brug.

Hulle is vrolik en hulle sing:’ “Errie, Theuns en Deon kom lyn natmaak vandag!”   

Hulle kom terg n groot karp en hulle gaan n vet glibberige, oorgewig  barber uitoorle vandag.

——————————————————–

Die kampstoele kreun en kraak onder die sterk bene van die Vrystaat mielieboere. Die riempiestoel rek en strek…

Die son rasper liggies aan die ietwat skurwe bruingebrande voete. Die swart miertjies inspekteer die growwe groewe.

Die bruin leer sandale sukkel om die wit Zebra-strepe toe te maak. “Donkie met pajamas aan se jy?” skater Errie.

N wit Afrikaner-strook loer versigtig en skaam van onder uit die kortbroek se stywe pyp. “Jy moet sonbrand smeer…”

———————————————————–

“ Vandag gaan on groottes vang!’

Die vingerkneukels span spier-wit as die ‘polisieman’ stokstyf trek.

‘Kyk man daar gaan jou stok!”

Die ‘Penn’ en koffiemeule kreun en steun soos hulle trek—en –rol.

Dan skielik sing die katrol van vreugde, “kirrr-kirrr’, “gee hom lyn…”

———————————————————-

Die groot geel vet karp sny groot-en-klein ovaal sirkels uit die Bloemhof dam se water.

Die stert flap twee,  drie-keer en dan gee hy op.

“Ek het jou, jou vabond!”

Die punt buig gevaarlik en die klein porselein ring protester hewig, “hoekom laat julle my so hard trek?”

Die vabond ruk en trek die  lyn nog n laaste keer…

Die punt van die simfoniekonsert-meester se stokkie swaai nou harmonieus heen-en -weer. Hy is byna aan wal.

———————————————————–

Ja, Errie dirigeer vanoggend die dam met daai stok.

“Punt in die wind se ek vir julle..”, en dan lag hy dat dit weergalm oor die stil groot dam water.

Sy hare staan woes en wild in die ligte wind. Sy grys hare wapper van loutere genot. Gooi, katrol, oprol en rol.

“Bring die skepnet man!”

Die bruin leer is nou donker-water-nat. Erie se ronde trekker-sterk kuite staan bulte in die enkel-diep water.

———————————————————–

“Hiert jou lekker ding”, lag en skree hy gelyk.

“Dis die ‘custard-pap’, ek se vir julle, sit vinning aan!”

———————————————————–

Die swart stil swaeltjie stok le geduldig en luister na die kabaal.

Dan fluister die stok saggies: ‘Ek wag vir jou ou baber-maat, vandag gaan ek vir jou n les of twee leer!

N vismik hou sy lewe vas… styf vas, ja hy is vasgepen.

“Los daai stok net daar man!” skree Deon sy bevele uit, “Hy sal hom vat!”

———————————————————–

Theuns glip die groot vet glibberige karp in die ‘keep-net’ met n plons. Die geel groot-skub-karp  draai sy stert nog so laaste maal voor hy by sy ander vet maters gaan le en kla.

Theuns vryf sy hande saam in die water — die geel kerrie maak n vrolike ligte geel kol in die modderwater, “Jong ek se vir jou hier is groot karp in die water!”

Die Bloemhof son stoot sy lang warm skerp assegaaie uit—vandag  gaan die son baie water trek.

———————————————————-

Errie nou wat se jy vandag?  “Ou honde trap nuwe spore…” , skerts hy. Sy oe vonkel ondeund en dan lag hy — jy  sien sy groot, ruim warm Vrystaat—hart, vol van liefde en geluk wat flikker in sy oe.

EINDE

——-0——

Fotos: Bloemhofdam.

Bloemhofdam. Die Damwal. Krediet: Wikipedia

Bloemhofdam vanaf die brug gesien (Bloemhof, RSA). Krediet: MalindaVan Zyl. OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Ernst & Lizzia Kleynhans op die brug oor Bloemhofdam. Sy silwer Toyota in die agtergrond. Krediet: Malinda Van Zyl.

Sien meer by die webtuistes/ See more at these websites:

Five House Publishing: https://fivehousepublishing.com/

Meer oor die skrywers/More about the authors:

http://williamvanzyl.com/

Copyright © 2025 – William & Malinda Van Zyl

Bloemhofdam (Gedig)

All rights reserved. This book or any portion

thereof may not be reproduced or used in any manner

whatsoever without the express written permission of the

publisher, except for the use of brief quotations in a book review.

Published by First House Publishing (New Zealand)

First Publishing, 2017 (edited in 2025)

Contact:

williamvzyl55@gmail.com

—–0—–

  

Kopiereg@2025 – William & Malinda Van Zyl

Bloemhofdam (Gedig)

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, mikroverfilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

Eerste publiskasie 2017 (gewysig in April 2025)

Kontak:

williamvzyl55@gmail.com

.

About Post Author

admin

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %

Average Rating

5 Star
0%
4 Star
0%
3 Star
0%
2 Star
0%
1 Star
0%

2 thoughts on “BLOEMHOFDAM (AFRIKAANS GEDIG).

Comments are closed.