0 0
Read Time:3 Minute, 47 Second

Geskryf deur William Van Zyl

Gepubliseer in April 2025

Malinda hou daarvan om beelde en prentjies in woorde te omskryf. Die helder ervaringe en herinneringe kry kaneel-suiker-soet betekenis op die helder wit bladsye, wanneersy terug dink aan die verlede en die mense wat sy lief het.  Soms speel op die klavier, en dan skryf sy van dit wat sy in haar geestesoog sien en dit wat sy in haar hart ervaar. Liefde en geluk! 

Malinda Van Zyl in haar tuin (foto 2022). New Zealand.

Meer omtrent Malinda en haar Klavier (vergelyk ‘Lisa se Klavier’ – Koos Du Plessis)

Malinda geniet dit om in die aande en agtermiddae by haar klavier te gaan sit en dan speel sy van haar gunsteling musiek: Voshaar Nooi, Ver in die ou Kalahari, ‘Smoke gets in your eyes,’ Al le die berge nog so blou, en meer.

Die spesiale musiek voer haar terug na haar kinderjare, herrineringe aan haar ouers, gedagtes aan haar broers, en die warm Vrystaat waar sy groot geword het. Sy sien haar kinderjare voor haar afspeel en sy ervaar haar ouers se liefde vir haar. Sy verlang baie na haar ma, haar pa, haar broers, en die res van haar familie in die RSA.

GEDIG: “Malinda se Klavier.”

VERS

Ek het ‘n vrou onder die lang wit wolk in Nuwe Seeland
Teen die hang van die Hapuakohe heuwels, as die son sak, speel sy die mooiste melodiëe
Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange, verstaan die hart se diepste smart

Koortjie: (x2)

Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Malinda se Klavier

VERS

En Malinda kannie ophou as sy eers begin het nie,
En sy laat my nooit gaan slaap of afskeid neem voor my laaste koppie tee nie
Ek staan op ons balkon, ek drink haar spesiale kaneel-tee
En ek kyk uit na Rāhui Pōkeka (dorpie in NZ) in die nag, en sien die straatliggies, en die swart, swart nag

Koortjie (x2)

Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Malinda se Klavier

VERS

En onder op die sypaadjie, sien ek die bergie en sy maat
Wat staan en opkyk ver na bo, vanuit die voorste sypaadjie van Hartis Straat
Hul ken al lank die klanke wat uit ons huis uitstroom
Lank na twaalf, met die deure oop, al ‘moan’ die bure ookal hoe,
Word Malinda elke boemelaar se droom…

Einde.

——0—–

Sien meer by die webtuistes/ See more at these websites:

  • Aangepas uit Koos Du Plessis se “Lisa Klavier,” vir a New Zealand konteks waar Malinda bly. Rāhui Pōkeka = Huntly (NZ). “Malinda se Klavier.” Aangepas deur haar man, William.

Five House Publishing: https://fivehousepublishing.com/

Meer oor die skrywers/More about the authors:

http://williamvanzyl.com/

Copyright © 2025 – William & Malinda Van Zyl

“Malinda se Klavier” (Gedig)

All rights reserved. This book or any portion

thereof may not be reproduced or used in any manner

whatsoever without the express written permission of the

publisher, except for the use of brief quotations in a book review.

Published by First House Publishing (New Zealand)

First Publishing, 2025

Contact:

williamvzyl55@gmail.com

—–0—–

  

Kopiereg@2025 – William & Malinda Van Zyl

“Malinda se Klavier” (Gedig)

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, mikroverfilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

Eerste publiskasie, 2025

williamvzyl55@gmail.com

——0—–

Hou jy van visvang? Lees the gedig BLOEMHOFDAM wat egte name en gebeure bevat. Die skrywe pen die Kleynhans familie se gereelde visvange by die Bloemhofdam vas (so vanaf 1985 to 1995). 

UITREKSEL: “BLOEMHOFDAM.”

Kerrie-pap, knoffel-pap en eiergeel-bruinbrood-pap is net die ding!

Die groot sterk bruingebrande Vrystaat mielieboer se hande brei, druk en vou die geelpap totdat dit klou dat dit vrek.

Die pap omhels die  hoek “Dit sal vashou vir lewe-en-dood”.

Bloemhofdam. Krediet: Wikipedia

Bloemhofdam vanaf die brug gesien (Bloemhof, RSA). Krediet: MalindaVan Zyl. OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Ernst & Lizzia Kleynhans. Bloemhofdam. Krediet: Malinda Van Zyl.

Meer stories en gedigte:

WEBTUISTE – SOEK OP ‘BLOG’ – FIVE HOUSE PUBLISHING

DIE BYTELTJIE

KATJIEPIERINGBOOM

BLOEMHOFDAM

N STERK TORING / A STRONG TOWER

“WHERE SHALL WE GO?’

AUTUMN’S AUBER-GOLD

TIEKA

ONWANKELBAAR / UNSHAKEN

HANTAM STAAN IN STEENBOK-SE-PAN

DIE FOTO SE SNARE / THE STRINGS OF THE PHOTOGRAPH

RINGETJIES IN DIE BOS (DORINGKUIL)

About Post Author

admin

Happy
Happy
0 %
Sad
Sad
0 %
Excited
Excited
0 %
Sleepy
Sleepy
0 %
Angry
Angry
0 %
Surprise
Surprise
0 %